100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Olifant trap vrou in Krugerwildtuin dood

Written by on May 13, 2025

‘n 68-jarige vrou is Saterdag dood toe ‘n olifant haar by die Sirheni-boskamp in die Krugerwildtuin vertrap het.

Ike Phaahla, die woordvoerder van SANParke, sê die vrou het van haar eenheid in die boskamp gestap toe sy ‘n trop olifante teëgekom het.

Hulle was naby die kamp.

Die polisie ondersoek die voorval.

Die raad van SANParke en die bestuur van die wildtuin het hul innige meegevoel betuig met die familie van die oorledene.

Haar identiteit is nog nie bekendgemaak nie.