Nelspruit-lisensiekantoor die week gesluit
Written by Mireille on July 14, 2025
Voertuigregistrasie- en lisensiëringsdienste is hierdie week nie by die Nelspruit-toetsstasie beskikbaar nie.
Dit geld vanaf vandag tot Vrydag.
Dit is weens opknappingswerk wat by die sentrum plaasvind.
Lede van die publiek kan van hierdie dienste gebruikmaak by die toetssentrums in Witrivier en Barberton.
Hernuwings van lisensieskyfies kan ook gedoen word by die Nelspruit-poskantoor, die Mbombela-kantore by die Grove-winkelsentrum en in Hazyview.