100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Natuurliefhebbers oorlaai SANParke se webtuiste

Written by on August 17, 2020

Entoesiastiese natuurliefhebbers het Saterdagaand SANParke se webtuiste met hul groot hoeveelheid navrae oorlaai.
Volgens Rey Thakuli, woordvoerder van SANParke, het die verkeer op hul webwerf na president Cyril Ramaphosa se toespraak met 120% toegeneem.
Ramaphosa het aangekondig dat interprovinsiale reis vanaf Dinsdag weer wettig sal wees.
Thakuli verduidelik dat mense dikwels 12 tot 18 maande vooruit bespreek. Sekere tye van die jaar is ook besiger as ander.
Die naweek het egter ‘n groot toeloop gesien van mense wat besprekings maak of verander, in die Nasionale Krugerwildtuin maar ook ander parke.

“Die stelsel kon dit nie hanteer nie. Die hoeveelheid verkeer was net te veel.
“Ons het Saterdagaand dadelik daaraan begin werk en die hele Sondag.”
Dit is intussen gestabiliseer en hulle werk hard daaraan om te keer dat die webperseel nie weer faal nie.
Hy sê hulle ondervind steeds hoë volumes verkeer aanlyn.
“Ons was vir vyf maande vir die publiek gesluit. Mense probeer regtig hard om nou ons parke te besoek. Hulle is duidelik opgewonde.”
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer stem saam dat mense uitgehonger is.
“Die afgelope langnaweek was besig. Plekke was vol van net plaaslike mense. Dit wys jou hoe honger mense is om te reis. Nou dat provinsiale grense oop maak, sal sommiges versigtig wees, maar baie mense wil net uitkom.”
Byna alle sektore mag vanaf middernag heropen, ingevolge die jongste gepubliseerde regulasies. Een van die min uitsonderings bly internasionale reis vir plesier.


×