100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mzanzi II brandbestryders vertrek môre na Kanada

Written by on June 13, 2023

‘n Tweede span van 200 brandbestryders van Working on Fire (WoF) vertrek môreaand vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe om met voortgesette brandbestrydingsoperasies in Alberta, Kanada te help.
Mzanzi II volg nadat sowat 200 brandbestryders en 15 bestuurders reeds op 3 Junie daarheen ontplooi is.
Die Suid-Afrikaanse span het voor hul vertrek vir drie dae opleiding by Kishugu Training in Mbombela ondergaan.
Dit is die vyfde keer dat WoF-brandbestryders help met brande in Kanada.
Sien ook: WoF-span vertrek vir ‘n vyfde keer na Kanada
Die land ervaar sy ergste lente brandseisoen nog met 431 brande wat Sondag nog aktief was, aldus die Kanadese owerhede.
Groot skade is aan eiendom en infrastruktuur aangerig, terwyl duisende mense hul huise moes ontruim.

Rook van die brande het ook groot areas van Noord-Amerika geaffekteer.
Die aantal brande in Quebec het Saterdag wel verminder soos brandbestryders in die Kanadese provinsie die oorhand gekry het.
Lees meer oor die WoF-program 
Volgens News24 het die minister van natuurlike hulpbronne in Quebec, Maite Blanchette Vezina, gesê die aantal brande wat buite beheer was, is van 72 tot 44 verminder.
LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG

Hulle sal na verwagting Donderdag om 09:55 plaaslike tyd in Edmonton land.
Foto’s: WoF


×