100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga onderwys vra vir meer Covid-19 befondsing

Written by on July 15, 2020

Die Mpumalanga onderwysdepartement het by die tesourie om addisionele fondse aansoek gedoen.
Volgens woordvoerder, Jasper Zwane, kon hulle nie hierdie finansiële jaar vir Covid-19 begroot nie. Daarom moes hulle hul eie fondse reprioritiseer om die vereiste veiligheidmaatreëls in skole te implementeer.
Hy voer aan daar is geen tekorte aan beskermende kleredrag, maskers of saniteerders in die provinsie se skole nie.
Dit is deels omdat minder grade terug by die skool is as wat aanvanklik beplan was, en ook omdat die sakegemeenskap hulle ondersteun.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersvakbond, (Sadtu) het gister voorgestel dat skole behoort te sluit terwyl die Covid-19-pandemie op sy ergste is.
Die departement van basiese onderwys het vanoggend in antwoord daarop aangekondig dat die kabinet moet besluit of skole oop gaan bly.
Hulle het verder in ‘n verklaring gesê dat kinders die reg tot onderrig het, en dat verskeie alternatiewe, buiten fisiese skoolgaan, beskikbaar is.
Volgens hulle woon sowat 80% van kinders wat skool kan gaan, wel skool by.
Zwane het beaam dat skoolbywoning in Mpumalanga, volgens sy kennis, ook goed is.
Die DA in die provinsie het egter hul kommer uitgespreek na ‘n voorlegging deur die portfoliokomitee vir onderwys.
Volgens die party se Jane Sithole, is veral ‘n tekort aan klaskamers en water en sanitasie in skole ‘n groot bron van kommer.
Volgens Zwane is 133 Covid-19-gevalle sedert 8 Junie by plaaslike skole aangemeld.
Hy voeg by dat alle mense gewoond moet raak daaraan om saam met die virus te leef. “Dit gaan nog baie jare met ons wees.”

 


×