100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpu Premier se kantoor tydelik ontruim

Written by on July 14, 2020

Die Mpumalanga premier se kantoorgebou is gesluit, nadat sommige werknemers in kontak was met iemand wat positief getoets het vir Covid-19.
Volgens woordvoerder, Sibongile Mkani-Mpolweni, werk amptenare sedert Maandag van die huis af.
Die gebou sal deeglik ontsmet word voor werknemers terugkeer kantoor toe.
Die geval is nie verwant aan die LUR vir openbare werke, Gillion Mashego, wat positief vir die virus getoets het nie.
Mashego het gister vir premier Refilwe Mtshweni-Tsipane van sy toetsuitslae verwittig.
Hy is in selfisolasie, maar voel sterk en werk ook van die huis af.
Mkani-Mpolweni sê waar amptenare positief toets, word kantore tydelik gesluit en ontsmet.
Tans word net die premier se kantoor en openbare werke daardeur geraak.

Die premier het Mashego ‘n spoedige herstel toegewens. Sy het sy optrede, om die riglyne te volg en homself te isoleer, as verantwoordelik geloof.
“Hy demonstreer leierskap deur seker te maak hy beskerm ander.”
Volgens haar is Mashego in staat om sy amptelike take vanuit ‘n afstand en in isolasie uit te voer.

Mtshweni-Tsipane het mense gemaan om die Covid-19-riglyne na te volg. “Bly by die huis, tensy jy moet uitgaan vir noodsaaklikhede.
“Was jou hande gereeld en dra ‘n masker. Saam kan ons die kurwe laat afplat.”
Volgens die jongste syfers het 4 299 mense in Mpumalanga sover positief getoets vir die virus.
Van hulle het 910 herstel. ‘n Totaal van 33 mense is dood, 11 in die vorige 24 uur.
Die meeste gevalle is in eMalahleni (Witbank), Govan Mbeki, Mbombela en Steve Tshwete munisipaliteite.

 


×