100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

MRK genader oor waterkrisis in Witrivier

Written by on April 25, 2023

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER

Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp.
Trudie Grovè-Morgan sê verskeie munisipaliteite het geen alternatiewe kragopwekking by pompstasies nie en tesame met verouderde infrastruktuur laat dit inwoners vir dae aaneen sonder water.
Sy sê inwoners van Witrivier het nou al vir vyf maande nie ‘n stabiele watertoevoer nie.
Dele van Witrivier het vandag reeds meer as twee weke geen water in hul krane nie. Veral die boonste deel van Peter Grahamstraat loop erg deur.
Volgens Silulumanzi, wat water vanaf die Boschrand-reservoir daarheen pomp, vererger beurtkrag en onwettige aansluitings tussen Nelspruit en die betrokke waterreservoir in Witrvier die situasie.
Richmond Jele, die woordvoerder van Silulumanzi, sê Mbombela het ‘n kragopwekker aan hulle bewillig, maar benodig herstelwerk. Hulle moet ook ooreenkom hoe die dieselkoste gedek sal word.
Dit behoort hopelik binne die volgende twee maande in werking te wees.
Pierre du Preez, ondervoorsitter van die Power of 8000 en die Witrivier-belastingbetalersvereninging, lê die krisis voor die deur van Mbombela-munisipaliteit.

Grovè-Morgan wys daarop dat beurtkrag nie oornag ingestel is nie, en dat plaaslike owerhede met langtermyn oplossings vorendag moet kom omdat toegang tot water ‘n basiese reg is.


×