100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as 100 aasvoëls vrek in massavergiftiging in wildtuin

Written by on May 9, 2025

‘n Totaal van 123 aasvoëls is Dinsdag dood aangetref in ‘n afgeleë deel van die Krugerwildtuin.
Hulle het vermoedelik aan ’n vergiftigde olifantkarkas gevreet wat waarskynlik deur stropers met landbouchemikalieë behandel is om die liggaamsdele van die voëls vir die onwettige wildhandelbedryf te bekom.
89 voëls is lewend gevind, en van hulle kon slegs vyf nie gered word nie.
Ike Phaahla vertel meer oor dié spanpoging van SANParke, die Trust vir Bedreigde Wildlewe (EWT) en verskeie veeartse en rehabilitasiesentrums.
Luister: 

Foto: EWT


Continue reading