100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mandla Msibi uit ANC geskors

Written by on April 11, 2024

Die ANC in Mpumalanga het sy tesourier, Mandla Msibi, vir drie jaar geskors weens wangedrag.

Twee jaar daarvan is opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer aan dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.

Hy en ‘n medebeskuldigde, Sibusiso Mdluli, is skuldig bevind aan die oortreding van die party se grondwet.

‘n Derde beskuldigde, Mandla Mhlanga, is onskuldig bevind aan die klagte teen hom.

Dit is nog onduidelik of Msibi sal aanbly in sy pos as LUR vir Samewerkende Regering.

Die tugoptrede volg op pogings om die 8 Januarie-saamtrek in Mbombela te ontwrig waar President Cyril Ramaphosa die hoofspreker was.

Lees meer: Mpumalanga ANC-tesourier voorlopig geskors

Msibi het glo probeer om ondersteuners te verhoed om vieringe by te woon en het by president Cyril Ramaphosa aangedring op ‘n dringende kabinetsvergadering om sy Nkosi Smart City-projek te bespreek.

Hy is in 2021 ook geskors hangende moordaanklagte, wat in 2022 teen hom teruggetrek is.


×