100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laeveld JOC gereed vir verkiesing

Written by on May 28, 2024

Die Laeveld JOC en alle rolspelers in die sekuriteitsektor is op volle gereedheid vir môre se stemdag.

John Meintjies en Frank Swanepoel sê vir Sonop Ontbyt dat alle inligting tans nie op verwagte ontwrigting dui nie.

Luister hier:

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busisiwe Shiba,  bevestig hulle is gereed vir Woensdag se verkiesing.

Shiba sê sy is teleurgesteld in die enkele voorvalle wat tot dusver teen werknemers van die Verkiesingskommissie en lede van politieke partye gemik was te midde van spesiale stemmery gister en vandag.

Brandpunte is geïdentifiseer.

“Ons ‘n demokrasie en almal se reg om vrylik te stem moet gerespekteer word,” sê sy.

“Ons wil inwoners daarom gerusstel dat ons op ‘n hoë gereedheid is met planne om te verseker vry en regverdige verkiesings word nie deur geweld en intimidasie ontsier nie.”

Sien ook: Word deel van die familie by Signage Co.


×