100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laerskool Noord: Ontvlugting by Innibos

Written by on June 29, 2023

Moenie lessies of sosiale kommentaar verwag in Laerskool Noord nie.
“Kom ontsnap en lag ‘n slag!” nooi Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie.
Hulle gesels met Ludi en Mireille oor die komedie wat van vandag af by Innibos te sien is.
Luister hier:

Laerskool Noord se leuse is Kyk noord en stoot voort, maar in hierdie lekkerlag-produksie is dit alles behalwe die geval.
Laerskool noord
Drie onderwyseresse beplan ’n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en die sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper met haar glitter stickers en sticky notes, is hierdie personeelkamer ’n tikkende tydbom.
Sien ook: Riana Nel Donderdagaand by die Innibos-afskopkonsert
Innibos vind vanaf 29 Junie tot 1 Julie in Mbombela plaas.
Sien die volledige feesprogram hier.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×