100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krugerwildtuin ook op hoë gereedheidsvlak vir Eloise

Written by on January 22, 2021

Dit is wag en sien presies hoe skadelik tropiese storm Eloise gaan wees, maar swaar reën is die Laeveld se voorland hierdie Sondag en Maandag.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag dat tropiese storm Eloise, wat tans in die middel van die Mosambiekse kanaal is, oor die volgende 24 uur verder sal versterk tot ‘n tropiese sikloon.
Dit het die afgelope 24 reeds aansienlik versterk weens die warm water in die kanaal.
Die SAWD waarsku dat dit na verwagting verwoestende winde van tussen 118 en 166 km/h by Beira in Mosambiek sal veroorsaak.
Die noorde van Limpopo sal waarskynlik Sondag ook skadelike wind ervaar.
Jacques Benade van Mpumalanga se rampbestuur sê dit lyk tans of die Ehlanzeni-streek nie sulke sterk wind sal ervaar nie, maar definitief baie reën in ‘n kort tydperk kan verwag.
Die SAWD wou hulle nie Vrydagmiddag oor spesifieke hoeveelhede reën uitlaat nie. Saterdag behoort ‘n meer akkurate prentjie te kan skets.

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) sê hulle is ook op ‘n hoë gereedheidsvlak.
Die noordelike deel van die wildtuin behoort deur Sondag deur swaar reënval en sterk winde geraak te word.
Rampbeheerspanne in die wildtuin sowel as ander rolspelers volg die storm te ontwikkeling
“Ons wetenskaplikes, saam met die SAWD, hou ontwikkelinge fyn dop en sal adviseer of kampe ontruim moet word,” sê die NKW se waarnemende uitvoerende hoof, Gareth Coleman.
Grondpaaie in die Pafuri-area is reeds as ‘n voorkomende maatreël gesluit na swaar reën reeds gisteraand geval het.
Gaste met besprekings vêr noord, soos by Sirheni-, Shimuwini- en Bateleur-kampe sowel as Sable Hide sal by Letaba-, Mopani-, Shingwedzi- en Punda Maria-ruskampe geakkomodeer word.
As jy hulp benodig, kontak 076-801-9679 of 013-735-0197/4064.
Eskom het gewaarsku dat kabels wat weens storms beskadig word, baie gevaarlik is.
“Ons sal skade so gou moontlik herstel, maar elke mens kan ook hulself en hul eiendom beveilig,” sê Miranda Moahlodi, ‘n senior bestuurder by Eskom.
Waar ‘n kabel aan water raak, is dit veral gevaarlik.
Haar raad is om die kragtoevoer na jou huis af te skakel as water binnekom.
Verwyder elektriese toerusting soos waaiers van die vloer af.
Moenie takke en bome wat geval het, probeer verwyder nie – veral nie terwyl dit reën nie. Rapporteer dit eerder aan jou plaaslike munisipaliteit.



×