100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kolisi is terug as Bok-kaptein met splinternuwe voorry teen Georgië

Written by on July 15, 2025

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het drie nuwe Springbokke vir die voorry gekies vir die toets teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag. 

Boan Venter, Marnus van der Merwe en Neethling Fouche sal almal hul toetsbuigings maak. 

Kaptein Siya Kolisi keer ook terug van ‘n besering om vir die eerste keer hierdie seisoen die span aan te voer. 

Venter, wat in Junie as beseringsdekking by stut na die groep opgeroep is, sal in ‘n splinternuwe voorry begin saam met mede-stut Fouché en haker Van der Merwe, wat albei hul eerste kennismaking met Springbok-rugby gehad het in die span se 54-7 oorwinning teen die Barbarians.

Dit bring die aantal nuwe spelers hierdie seisoen tot by sewe met Vincent Tshituka, Cobus Wiese, Asenathi Ntlabakanye en Ethan Hooker wat elk hul toetsdebuut teen Italië gemaak het.

Op die bank het Erasmus ‘n vyf-drie-verdeling ten gunste van die voorspelers aangewys waar Thomas du Toit, Vincent Koch (albei stutte) en Bongi Mbonambi (haker) as die impakvoorry sal dien, saam met RG Snyman (slot) en Kwagga Smith (losvoorspeler).

Erasmus sê dat die Georgië-span rateltaai is.

“Hulle is trots op hul fisieke, brute krag so die vaste fasette, losgemale en afbreekpunte sal sleutelareas wees,” sê hy.

Luister:

 

“Hulle het ook kwaliteit agterspelers om hul span af te rond, so ons moet skerp wees in alle fassette van ons spel om te verseker dat ons voortgaan om ons standaarde te verhoog, momentum te bou en die verlangde resultaat te kry.”

Die wedstryd skop om 17:10 af. 

Die volledige span

15 – Aphelele Fassi 

14 – Edwill van der Merwe 

13 – Canan Moodie 

12 – Damian de Allende 

11 – Kurt-Lee Arendse 

10 – Sacha Feinberg-Mngomezulu

9 – Grant Williams

8 – Cobus Wiese 

7 – Pieter-Steph du Toit

6 – Siya Kolisi (kaptein)

5 – Ruan Nortje

4 – Eben Etzebeth 

3 – Neethling Fouche 

2 – Marnus van der Merwe

1 – Boan Venter 

Plaasvervangers

16 – Bongi Mbonambi 

17 – Thomas du Toit 

18 – Vincent Koch

19 – RG Snyman

20 – Kwagga Smith 

21 – Faf de Klerk 

22 – Handré Pollard 

23 – Damian Willemse 

Intussen is die Springbok-losvoorspeler Jasper Wiese vir vier wedstryde geskors na sy rooikaart tydens verlede naweek se toets teen Italië in Gqeberha. 

Hy sal dus Suid-Afrika se wedstryd teen Georgië misloop, asook die eerste drie kragmetings van die Rugbykampioenskap – in Johannesburg en Kaapstad teen Australië, en teen die All Blacks in Auckland. 

Hy sal eers weer op 13 September beskikbaar wees wanneer die Bokke in Wellington teen Nieu-Seeland speel.


Continue reading