100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jong Pumas presteer by Cravenweek

Written by on July 1, 2022

Die o.13 Pumaspanne het die afgelope week uitstekend presteer by die Cravenweek wat by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied is.
Spanbestuurder, Alex Jonker, sê die A-span se oorwinning oor die Griekwas gister was hul derde wen in ‘n ry by dié week, die eerste keer in ‘n lang tyd dat die Mpumalanga-span dit vermag.
Die B-span het self tot by die hoofwedstryd teen WP gevorder na hulle gister teen Boland kon wen.
Jonker bars van trots en sê dis tekenend van die goeie vorm waarin laerskole rugby in die provinsie hulself tans bevind.


×