100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jan Blohm bring kuns na die Liedjiebos

Written by on June 22, 2023

Jan Blohm is een van daardie kunstenaars wat verskeie mediums tot sy beskikking het.

Kuns inni Liedjiebos is ‘n samekoms van kuns uit uiteenlopende genres: Dans, beeldende kuns en uitvoerings van liedjies wat geïnspireer is deur gedigte wat die publiek geskryf het (asook voorlesings van die gedigte) is alles op die spyskaart vir hierdie debuutproduksie by die fees.

Die gaskunstenaar is Jan Blohm, wat sy eie oorspronklike musiek en kuns saambring.

Hy gesels met Ludi en Mireille.

Luister weer hier:

Sien ook: Kuns inni Liedjiebos bied iets uniek

Die Kuns inni Liedjiebos-konsert vind Vrydag 30 Junie plaas.

Kliek hier vir die volledige Innibos-program en skakels na kaartjieverkope.

Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×