100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

ISAF help gesinne met spesiale behoeftes hierdie winter

Written by on May 31, 2023

Behandeling en onderrig vir kinders met spesiale behoeftes kan gesinne se finansies onder druk sit.
Daarom is Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) op soek na warm klere en komberse om hulle hierdie winter te ondersteun.
Daar is natuurlik ook ‘n groot vraag na opvoedkundige speelgoed.
Cindy Coetzee, die stigter van ISAF, ‘n nie-winsgewende organisasie ter ondersteuning van gesinne met kinders met spesiale behoeftes, gesels met Ludi en Mireille.
Luister weer hier:

Die Verkas-span het hande geneem met die ISAF om hulle in hierdie projek te ondersteun.
Enige donasies kan by die 100.5FM-ateljee in Sonpark afgegee word, weeksdae tussen 06:00 en 19:00.


×