Honderde onwettige immigrante in Barberton gearresteer
Written by Mireille on August 4, 2025
Nagenoeg 494 onwettige mynwerkers is Vrydag in Barberton in hegtenis geneem.
‘n Polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, sê ‘n aantal wetstoepassingsagentskappe het van verlede Maandag af saamgewerk aan Operasie Vala Umgodi.
Daar is toegeslaan op onwettige mynboubedrywighede en onwettige mynwerkers is na die oppervlak gedwing.
Die verdagtes kan moontlik ingevolge die Immigrasiewet aangekla word asook op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbou en betreding.
Hulle sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.
- Nog 24 verdagtes is vandag aangekeer by ‘n myn in Barberton as deel van die polisie se Operasie Vala Umgodi wat hy saam met mynsekuriteit uitvoer. ‘n Vuurwapen is op een persoon gevind en hy sal aangekla word weens die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie.
Luister: