100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wrede moorde die naweek in Mpumalanga aangemeld

Written by on June 14, 2021

‘n 24-jarige ma sal vandag in die Middelburg-landdroshof verskyn, na sy Vrydag glo haar drie-maande oue dogtertjie vermoor het.
Sy het glo die kind se pa by Avontuur besoek. Hy wou nie die deur oopmaak nie en sy het toe haar baba op die grond gegooi.
Kind is op die toneel dood verklaar. Sy word ook aangekla van oortreding van die Immigrasiewet.
‘n 24-jarige vrou is Vrydag glo deur haar vriend doodgekap by Hartebeeskop naby Oshoek.
Volgens die polisie se brigadier Leonard Hlathi is hulle deur ‘n besorgde inwoner verwittig van huishoudelike geweld. Met hul aankoms is die slagoffer in ‘n poel bloed aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.
Die 33-jarige verdagte is Donderdag ‘n opgeskorte vonnis vir sakeroof opgelê.
Hy sal vandag in die Eerstehoek-hof verskyn.
Drie mans is Saterdag doodgeskiet tydens ‘n kapingspoging op die R50 naby Delmas.
Twee gewapende aanvallers in ‘n Polo Vivo met blou ligte, gesigmaskers en polisie-reflekteerbaadjies het glo ‘n man in ‘n Hilux-bakkie probeer kaap.
Al drie is in die skietgeveg dood.
‘n Verdagte wat geïdentifiseer is, is voorheen gearresteer vir misdade verwant aan kapings.


×