100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Witrivier-man gevonnis oor onwettige wapenbesit

Written by on April 12, 2022

Warren Macaulay (39) is Vrydag gevonnis tot 10 jaar tronkstraf of ‘n boete van R10 000 vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, onwettige besit van ‘n vuurwapen en bedrog.
Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi het hy skuldig gepleit op die klagte in die Nelspruit-hof.
Macaulay is in Januarie verlede jaar in Witrivier aangekeer.
“Hy was in besit van ‘n LM5-geweer wat behoort het aan Victor Wilkens. Macaulay wou dit by hom koop, maar hulle het nie die prosedure gevolg in terme van die Wet op die Beheer van Vuurwapens nie.
“Op die dag van sy arrestasie was Macaulay op pad om die vuurwapen te verkoop vir geld om ‘n kar mee te herstel.”
‘n Saak van die onwettige besit van ‘n vuurwapen is geopen.
“Wilkens is aangekla vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens. Hy is skuldig bevind en in 2021 ‘n boete van R10 000 opgelê,” sê Sekgotodi.

‘n Vermeende transitorower het ook Vrydag in die Kabokweni-hof verskyn na ‘n aanval op ‘n Fidelity-geldwa in Masoyi op 19 Maart.
Lees die volledige berig hier: Gewapende verdagtes gesoek na transitoroof in Masoyi
Twee sekerheidswagte is tydens die aanval van hul vuurwapens beroof en die voertuig is oopgeblaas. Die onbekende aantal verdagtes het met kontant gevlug.
Volgens Sekgotodi is die 22-jarige Sandiso Ngomane deur die kriminele rekordsentrum met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel.

‘n Lasbrief is uitgereik vir sy inhegtenisname wat Donderdag in Hazyview uitgevoer is.
Hy bly in aanhouding tot 19 April wanneer hy na verwagting formeel vir borgtog aansoek sal doen.


×