100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrou kry lewenslank na sy kêrel se kind vermoor

Written by on September 20, 2021

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het.
Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma is oorlede.
Nkambule het die kind oor ‘n tydperk met boomtakke geslaan wat uiteindelik tot orgaanversaking en haar dood gelei het.
Die polisie in Nelspruit is op soek na ‘n verdagte wat Sondagmiddag ‘n man in West Acres geskiet het.
Die 30-jarige slagoffer is gewond en hospitaal toe geneem.
Die voorval het om ongeveer 13:00 voor Oppikoppi Villas in Belladonnastraat plaasgevind.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is dit onduidelik wat die omstandighede was wat tot die voorval gelei het.
‘n 29-jarige man wat Saterdagaand na bewering ‘n polisielid in Badplaas aangerand het, verskyn vandag in die hof.
Volgens die polisie het die man Saterdag om ongeveer 20:30 ‘n polisiekonstabel aangerand met sy aankoms by ‘n plaaslike sjebeen waar hy ‘n moord moes ondersoek.
Die polisielid is hospitaal toe geneem vir behandeling en is intussen weer ontslaan.
Die verdagte is Sondag gearresteer en sal aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die polisie in Bosbokrand soek die verdagtes wat Donderdag ‘n skool in die area beroof het.
Volgens hul inligting het sowat vyf verdagtes die sekuriteitswag by Letshele Sekondêr oorval en vasgebind.
Sowat 30 rekenaars, ‘n televisiestel, vier skootrekenaars en kruideniersware wat bedoel was vir die skool se voedingskema vir leerders, is gesteel.
Enigiemand met inligting is aangemoedig om luit. kol. Elizabeth Bhiya te kontak by 072-637-7947.


×