100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Voel jy hulpeloos? Jy is nie alleen nie

Written by on May 4, 2020

Mense koop nie meer in, inperking nie.
Hoekom sal hulle as die doelpale die heeltyd verskuif word? vra die Kruger-Laeveld sakekamer.
Uitvoerende hoof, Linda Grimbeek, sê mense het inperking oor die algemeen ondersteun, maar na vyf weke maak dit bloot nie meer vir hulle sin nie.
Sy voel die regering se verskuiwing van die doelpale help geensins om mense se vertroue te behou nie, want die een dag word iets toegelaat, en die volgende dag nie.
Mense glo ook al hoe minder in die waarde van inperking terwyl hul ondernemings, en hul werknemers se lone, in die spreekwoordelike drein afspoel, terwyl Mpumalanga se Covid-19-infeksies die tweede minste in die land is.

Groot ondernemings trek selfs swaar.
Citybug, een van die Laeveld se suksesverhale, verduidelik sake só: Jy is hulpeloos, jou hande is afgekap.
Volgens Marthinus de Bruin sit almal in dieselfde bootjie.
Citybug kon tot die einde van April salarisse betaal, maar het nou die werkloosheidsfonds om hulp genader.
Hulle sny kostes waar hulle kan, en het onder meer hul versekering aangepas en betaalvakansies op hul geboue en busse beding. Citybug se brood en botter is afhanklik van interprovinsiale reise.
Mense mag tot Donderdag sonder permitte tussen provinsies reis. Daarna sluit Citybug weer hul deure tot vliegtuie weer mag vlieg.
De Bruin sê hulle het sedert 26 Maart geen inkomste verdien nie.
Intussen laat hulle slegs 25 passasiers per bus toe. Elke voertuig word by die grense tussen provinsies gestop en elke passasier se temperatuur word gemeet voor hulle verder kan reis.

Grimbeek sê die beste wat almal kan doen is om diegene wat plaaslik sake dryf, te ondersteun.


×