100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlammie bewys dat aanhouers wen

Written by on October 25, 2021

De Wet Broodryk verstaan wat wat beteken om nooit moed op te gee nie.
Sedert hy in gr. 8 sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Bergvlam afgeskop het, het sy skildklier het hom verskeie, ernstige probleme besorg.
Tog het hy nooit opgegee nie. Vir sy volgehoue harde werk, is hy verlede week by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand met die Hoof se Toekenning vereer.
Dit is die hoogste toekenning wat die skool uitloof. Skoolhoof, mnr. Deon Visser, verduidelik dit is om die mylpale van leerlinge wat nie noodwendig top-pryse op sport, kultuur of akademiese gebied wen nie, te vier.
Broodryk, wat eersdaags met sy matriekeindeksamen begin, sê dit was lekker om die toekenning te ontvang, omdat dit juis was weens sy harde werk.
“Moet nooit opgee nie,” sê hy. “Moenie dat dit jou onderkry as jy nie in iets presteer soos jy wil nie. Jy sal uitblink in iets anders. Hou net aan om hard te werk.”
Luister weer hier na die gesprek.


×