100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende rowers vasgetrek met hulp van die publiek

Written by on September 23, 2021

‘n 29-jarige man en 24-jarige vrou is gister in Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer. Hulle was glo in besit van vyf vuurwapens, polisie-uniforms, ander polisie-toerusting en ‘n magdom ander gesteelde items.
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit volg nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat vroeër gekaap is.
Die voertuig en meubels wat tydens die voorval geroof is, is gevind sowel as twee rewolwers wat uit ‘n huis in Bethal gesteel is. Jaggewere en ammunisie is ook gevind.
Verder was hulle na bewering in besit van items wat die polisie glo gesteel is sowel as jagtoerusting.
Hulle moet Maandag in beide die landdroshowe in Witrivier en Kabokweni verskyn.

‘n 36-jarige verdagte is ook Woensdag in Matsulu aangekeer vir poging tot moord op ‘n polisiebeampte.
Hy word daarvan verdink dat hy Maandag ‘n 37-jarige polisiesersant in Masoyi naby Witrivier geskiet en gewond het.
Die sersant was besig om saam met ‘n kollega ‘n klagte van roof te ondersoek. Daar is op hulle gevuur toe hulle by die verdagte se wegkruipplek aantekom het.
Hy behoort Maandag in die Kabokweni-hof te verskyn.
Volgens Mdhluli is ‘n vuurwapen ook gevind en kan nog klagte teen hom aanhangig gemaak word soos die ondersoek vorder.
Die provinsiale polisiekomMissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het polisielede geloof vir hul toewyding en die publiek bedank vir die inligting wat verskaf is oor die verdagtes.


×