100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende bedrieër, treinspoordiewe vasgetrek

Written by on August 31, 2021

‘n Agtste verdagte is gister aangekeer vir nagenoeg R11,5 miljoen se bedrog.
Warren Brett Smith (48) het Maandag in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela verskyn. Hy is dieselfde dag deur die Valke vasgetrek.

Hy word saam met sewe ander mense aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery.
Smith was in Februarie 2019 glo in ‘n verhouding met die hoofverdagte, Carol Ann Avent, wat as ‘n boekhouer gewerk het by ‘n plaaslike onderneming. Volgens die Valke het sy oor ‘n tydperk die R11,5 miljoen in familielede en ander se persoonlike bankrekeninge inbetaal.
Smith sou glo sowat R‪644 811‬ bekom het. Hy is borgtog van R10 000 toegestaan. Sy saak is uitgestel tot 1 OKtober sodat hy ‘n regverteenwoordiger aan kan stel.
Jaco Meintjies, Lucy Andrea du Preez, John Avent, Piet Albertus Meintjies, Maria Antoinette le Roux, en Kerry Anne Avent word ook aangekla.
Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi sal almal se verhoor saam op 15 November begin.

Sestien verdagtes is Maandag by Vaalbank in Middelburg aangekeer omdat hulle na bewering treinspore gesteel by Santa Estate in Dullstroom.
Volgens die Valke is vier vragmotors binne ‘n skrootmetaal handelaar gevind. Die gesteelde items was op dit gelaai. Volgens Transnet is dit gesteel van ‘n treinspoor wat uit diens gestel is.
‘n Vyfde vragmotor met transformators en palisades is positief deur Transnet geïdentifiseer as gesteel van ‘n werkende substasie. Volgens die Valke is die eienaar van die skrootwerf ook aangekeer.
Hulle word aangekla van die besit van moontlik gesteelde goedere, diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en sal in die Middelburg-hof verskyn.


×