100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Só kan jy die Krugerwildtuin help teen stropery

Written by on August 5, 2021

Die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, het onthul minstens 249 renosters is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika gestroop. Dit is 83 meer as in dieselfde tydperk in 2020.
Volgens haar het die verslapping van Covid-19-inperkingsmaatreëls dit makliker vir stropers gemaak om rond te beweeg. ‘n Totaal van 132 renosters is in die Krugerwildtuin gestroop.
Die Krugerwildtuin het die afgelope ruk verskeie verwikkelinge in hul benadering teen stropery aangekondig.
Voortaan sal renosters in die wild strategies onthoring word. Daar is ook kontrolepunte suid van die Olifantsrivier opgestel vir besoekers.
Ike Phaahla, die wildtuin se woordvoerder, sê verskillende tegnologieë word ook ingespan en werp vrugte af. Dit kos egter baie geld – en hul inkomste uit toerisme het heelwat verminder sedert inperking en beperkinge op internasionale besoekers. Hulle verwelkom alle skenkings – die vernaamste is om deur die
Sanparke-ereveldwagters betrokke te raak. Besoek https://www.sanparksvolunteers.org/ vir meer.
Phaahla het vir Sanett meer vertel oor hoe dinge deesdae in die wildtuin gaan. Luister hier weer na die gesprek.


×