100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sanparke stel kontrolepunte in suide van wildtuin in

Written by on May 28, 2021

Sanparke het aangekondig dat hulle besig is om kontrolepunte in die suide van die Krugerwildtuin op te stel om areas beter te beheer ten einde laaste renosterstropery te bekamp.
Die wildtuin se woordvoerder, Ike Phaahla, sê dit is ‘n nodige stap.
“Ek dink Suid-Afrikaners weet dat ons alles moontlik gedoen het, om te probeer om ons teenstropingsaksies buite die publieke oog te hou, maar ons het nou die punt bereik waar ons baie sigbaar moet wees, en die geveg na die stropers moet neem.”
Die kontroles sal deur die militêre polisie van die weermag gedoen word. Hulle sal ook deur toeriste-monitors vergesel word en dit behoort besoekers minimaal te affekteer, aldus Phaahla.
Die hele suide van die wildtuin, tot by die Olifantsrivier, sal hierdeur geraak word.

“Hulle sal kyk dat jou permitte in orde is, en hoeveel mense in die voertuig is, en dan sal mense toegelaat word om verder te ry.”
Die Krugerwildtuin het onlangse vonnisse vir renosterstropers verwelkom.
Phaahla sê groot suksesse is in vervolging aangeteken sedert die hof in Skukuza weer operasioneel geraak het op 1 April.
Maandag is Solly Ndima tronkstraf opgelê van 25 jaar waarvan hy effektief 16 jaar sal uitdien.
Vroeër die maand is ‘n voormalige veldwagter-korporaal, Phineas Dinda, saam met twee medepligtiges ook tot effektief 16 jaar gevonnis. ‘n Derde stroper is die week tevore dieselfde straf opgelê.
Hy sê hulle hoop dit stuur ‘n duidelike boodskap aan stropers.


×