100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Royal Hotel sluit glo eersdaags sy deure

Written by on June 1, 2021

Die historiese Royal Hotel in Pilgrim’s Rest gaan glo eersdaags gesluit word.
Die waarnemende uitvoerende hoof van MRTT, Sammy Makgoba, het onlangs vir die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gesê dat die raad dié besluit geneem het, omdat die 127-jarige hotel nie finansieël volhoubaar is nie.
Sy verliese het glo in 2019/20 met 307% gegroei en hy kan nie sy korttermyn verantwoordelikhede nakom nie.
Die DA se Bosman Grobler sê die LUR vir openbare werke, Mohita Latchminarain, moet ingryp om die sowat 55 werksgeleenthede daar te red.

“Dit sal ‘n hartseer dag in Mpumalanga wees,” sê hy. “Hierdie hotel is deel van die geskiedenis van Mpumalanga en ons moet alles doen wat ons kan om dit te behou.”
Volgens Grobler sal die party tydens die volgende sitting van die wetgewer ‘n mosie ter tafel lê om te vra dat Latchminarain ‘n reddingsplan vir die hotel optrek.


×