100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ramaphosa vra Suid-Afrikaners op Vryheidsdag om nie op te gee nie

Written by on April 28, 2022

President Cyril Ramaphosa het gister Vryheidsdag amptelik in Mpumalanga herdenk.
Hy het in die hoofrede wat hy gelewer het by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg gesê Suid-Afrikaners het bewys hulle is veerkragtig, en het ‘n verantwoordelikheid om nie moed te verloor nie.
Luister weer hier na ‘n uittreksel uit sy toespraak:

“Dit is ons verantwoordelikheid as Suid-Afrikaners om nooit op te gee nie. Dit is ons verantwoordelikheid om altyd vorentoe te kyk, en om te verseker dat die land vorentoe vorder.”
Hy het ook gesê dat, ondanks vordering wat gemaak is, het onder meer misdaad en ‘n trae ekonomie die regering se vermoë om die lewens van burgers te verbeter, aan bande gelê.
Ramaphosa het bygevoeg een van die regering se belangrikste oorwegings is om armoede, werkloosheid en ongelykheid te oorwin.
Dit is vanjaar 28 jaar sedert demokratiese verkiesings die eerste keer in die land gehou is.
Sien foto’s van die dag:


×