100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Panda soek beter antwoorde oor die koste van inperkings

Written by on August 27, 2021

Wat is die menslike en ekonomiese koste van inperkings? Pandemics Data & Analytics (Panda) probeer hierdie vrae beantwoord sodat beter besluite geneem kan word om mense se lewens te beskerm.
Die groep het in Suid-Afrika ontstaan kort na die grendeltydperk in 2020 afgekondig is. Hulle versamel data van regoor die wêreld (amptelike bronne) veral in terme van Covid-19-infeksies, sterftes, hospitalisasies en die uitwerking van inperkings. Dit word dan deur hul diverse groep internasionale lede geanaliseer.
Piet Streicher het vir Sanett vertel waarvoor hierdie organisasie staan.
“Ons het gevoel hierdie probleem oorvleuel baie areas van die samelewing,” sê hy. “Op daardie stadium het die regering hul inligting hoofsaaklik van epidemioloë gekry wat ons gevoel het is ‘n fout en dat daardie net wyer gespan moet word en mense van ‘n wyer verskeidenheid dissiplines betrokke kry.”
Kyk weer hier na die gesprek.


×