100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Op my eish! se Elizna vertel van skokbesluit

Written by on April 22, 2022

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde.
Hy kon in die eerste episode van die realiteitsreeks verlede week 15 vroue kies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur.
Gisteraand het die 12 in die Laeveld gekuier, en Elizna de Waal het aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy het met Ludi en Mireille daaroor gesels. Luister weer hier.

In nog ‘n wending het Francois se wingman Schalk Bezuidenhout besluit om Elizna met twee nuwe meisies te vervang, en na ‘n braaibroodjie-kompetisie het vyf deelnemers die geleentheid gehad om saam met Francois te braai en mekaar beter te leer ken.
Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir die tweede seisoen van Op my eish! en elke Vrydagoggend om 07:35 op 100.5FM wanneer die Ontbyt-span met die dames gesels.


×