100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit Mediclinic onder druk weens Covid-gevalle

Written by on July 16, 2021

Mediclinic ervaar tans ‘n baie groot vraag na hospitaalbeddens en intensiewesorg-hulpbronne in die meeste provinsies.
Volgens dr. Gerrit De Villiers, die hoof kliniese beampte by Mediclinic Suider-Afrika, is die druk die grootste in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, en die Wes-Kaap.
Die toename in pasiënte sal na verwagting in die komende weke aanhou.
Nelspruit Mediclinic ervaar tans ‘n groot toename, veral in die intensiewesorg- en hoësorg-eenhede.
“Dit belangrik om te let dat kapasiteit wissel van hospitaal tot hospitaal, afhangende van die aantal beddens want nie alle Covid-19-pasiënte benodig intensiewesorg of meganiese ventilasie nie.”
Baie pasiënte word suksesvol behandel met suurstof en ander behandeling en Mediclinic het die kapasiteit om hulle te behandel.
By Nelspruit Mediclinic se noodgevalle word dringende gevalle gestabiliseer en opgeneem of na ander fasiliteite oorgeplaas.
“Soos die derde vlaag infeksies deur die land vorder, benadruk ons die noodsaaklikheid dat die publiek hul gesondheid beskerm en hul gedrag aanpas om die risiko van infeksie te verminder.”
Wanneer die virus stadiger versprei, sal dit druk verminder op fasiliteite wat ernstige pasiënte behandel en gee dit meer tyd vir meer mense om inentings te ontvang.
“Dit is baie belangrik dat enigiemand wat nie gesond vol nie, by die huis bly om die risiko aan ander te vermy,” sê De Villiers.
In totaal is 8,11% van die land se bevolking tot dusver teen Covid-19 ingeënt. Gister is 16 435 nuwe infeksies aangemeld. Landwyd is daar 205 146 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 377 sterftes is gister aangemeld – waarvan geen in Mpumalanga was nie.
Daar is tans 10 165 aktiewe gevalle in die provinsie – op van die vorige dag se 9 329 en 9 321 ‘n week gelede.


×