100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ma en seun (28) se liggame in Mataffin ontdek

Written by on December 6, 2021

Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is.
Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het.
Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed bo-op haar en met wonde aan haar skouer.
Die liggaam van haar 28-jarige seun, saam met wie sy in die huis gewoon het, is by die motorhuis gevind met steekwonde.
‘n Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli verduidelik:

Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.
‘n 18-jarige man is gister in Bosbokrand aangekeer omdat hy na bewering twee broers gesteek het.
Die 23-jarige Karabo Mathosi is dood, en sy 19-jarige broer gewond.
Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het hulle in die vroeë oggendure van Sondag buite ‘n drinkplek wat gesluit was met dobbelstene gedobbel toe ‘n argument ontstaan het wat tot die stekery gelei het.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn op klagte van moord en poging tot moord.

‘n 28-jarige man sal ook vandag in die Bosbokrand-landdroshof aansoek doen vir borg.
Xolani Mashiloane het Vrydag in die hof verskyn vir poging tot moord en besit van ‘n onwettige vuurwapen en gesteelde eiendom.
Hy het glo saam met ‘n tweede verdagte Donderdag ‘n spaza-winkel beroof.
Die polisie was besig op ‘n nabygeleë toneel waar twee vermeende diewe deur gemeenskapslede aangerand is – die een noodlottig.
Mashiloane het glo op die polisiebeamptes geskiet terwyl hulle hom agterna gesit het, maar hy is aangekeer. Sy medepligtige kon vlug.


×