100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

LUR in hegtenis vir dubbele moord

Written by on October 11, 2021

‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord.
Volgens die polisie se brig. Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig saam met sy regsverteenwoordiger.
Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond is.

Daar is destyds berig hoe die slagoffers die aand met skietwonde in die straat naby ‘n bekende kuierplek in die sakekern gekry is.
Volgens die polisie is daar ongeveer twee ure voor hul dood ook op die mans se voertuig geskiet. Hulle is toe nie gewond nie, en het die saak by die Nelspruit-polisie aangegee.
Die LUR is die derde verdagte wat in hierdie verband aangekeer word. Joseph Charlie Ngwenya (35) en Tshepo Matsane (30) is op 17 September daarvoor in hegtenis geneem. Beide is Vrydag borgtog van R20 000 toegestaan.

Tagged as

×