100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lig in die pyp vir Witrivier se waterprobleme

Written by on August 26, 2021

Die Witrivier-belastingbetalersvereniging en Power of 8000-groep se lys van kritieke kwessies wat in die dorp aangespreek moet word, is deur Mbombela se Speaker aanvaar.
Pierre du Preez van die Power of 8000 sê Gija Siwela het ingestem dat veral water en vullisverwydering in die dorp ‘n krisis is wat hy vinnig aan wil spreek.
Die proses sal nou begin om hierdie items op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan se plaas.
Die dorp gaan al jare gebuk onder ernstige wateronderbrekings. Mees onlangs was daar in dele wat die dorp vir ‘n week lank onderbrekings, iets wat toegeskryf word aan die ou infrastruktuur.

Volgens Du Preez het dienslewering ‘n krisis bereik wat inwoners eenvoudig nie meer kan aanvaar nie. Die lys van hul eise sluit in ‘n plan en begroting vir die opgradering van infrasktruktuur, veral water, in terme van identifiseerbare projekte met spesifieke tydlyne waarbinne dit afgehandel moet word.
Hulle wil ook hê ‘n komitee moet saamgestel word wat ook verteenwoordigers uit die gemeenskap insluit om die projekte te monitor en wat maandeliks moet vergader.
Verder versoek hulle dat hulle ook verteenwoordiging kry op tenderkomitees om te verseker dat bevoegde kontrakteurs aangestel word.
Die lys bevat ook verskeie ander eise vir onder meer die instandhouding van die dorp, polisiëring van bywette, toestand van paaie en die plaaslike kliniek.
Volgens Du Preez het Siwela ‘n sekere tydperk waarin hy amptelik op hul eise kan reageer.
Hy beskou dié stap as die begin van die oplos van die dorp se probleme.
*Skakel Woensdag net na die 13:30-nuushooftrekke in wanneer Piet Skead en Du Preez breedvoerig met Ludi in die ateljee kom gesels oor wat al die stappe vorentoe behels.

Foto: Werkers werk aan ‘n gebarste pyp tydens die onlangse waterkrisis


×