100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nege herstel van Covid-19 in Mpumalanga

Written by on April 15, 2020

Die provinsie het tot dusver 22 bevestigde gevalle van Covid-19, het die nasionale departement van gesondheid Dinsdag bekend gemaak.
Van hulle is 13 in Ehlanzeni-distrik: Vyf in Mbombela en agt in Nkomazi-munisipaliteit.
Daar is 2 415 bevestigde gevalle van Covid-19 in die land. ‘n Totaal van 87 022 mense is reeds getoets.
Volgens Dumisani Malamule, woordvoerder vir die provinsiale departement van gesondheid, is siftingstoetse op 82 156 mense in Mpumalanga uitgevoer teen 8 April – maar al hierdie syfers word nog nie in die nasionale totaal weerspieël nie.
Hy sê dat nege mense in Mpumalanga reeds van die virus herstel het. Drie mense is in formele kwarantyn, en geen word tans daarvoor in hospitale behandel nie.
Geen sterftes is tot dusver weens die virus in die provinsie aangemeld nie.
Departementshoof, dr. Saveera Mohangi,het vroeër bevestig dat daar 25 ventilators in Rob Ferreira-hospitaal beskikbaar is. Die hospitaal is as ‘n isolasiesentrum vir Covid-19-pasiënte aangewys.


×