100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bietjie musiek, teater en kuns die week in die Bos

Written by on November 30, 2021

Bietjie-Bietjie-Bos skop môre af. Na dae van onsekerheid oor hoe pres. Cyril Ramaphosa op die Omikron-variant gaan reageer, kon almal Sondagaand ‘n sug van verligting slaak dat die fees, soos beplan, van 1 tot 5 Desember voort kan gaan.
Vlak 1 van inperking bly, vir nou, in werking, met 2 000 mense wat in die buitelug saam byeen mag kom. Bywoningsgetalle op die feesterrein is uiteraard ook tot 2 000 mense beperk. Die terrein (Hoërskool Bergvlam) sal elke dag eers om 16:00 oopmaak.
Innibos se feesbestuurder, Andy Lubbe, verduidelik hoe die feesterrein gaan werk tydens Vrydag, Saterdag en Sondag se aandkonserte.

Elandré Schwarts sê hy is geëerd om Vrydagaand by die Kliphard kykNET-konsert die verhoog met, onder meer, Francois van Coke en Spoegwolf te deel.
Dié gewilde sanger sê hulle het redelik naels gekou voor Ramaphosa aangekondig het dat die land nie nou na ‘n hoër vlak van inperking sal skuif nie.

Hy beloof ‘n groot konsert. Kliek op die foto vir die volledige Bietjie-Bietjie-feesprogram:

Al die kaartjies is by Computicket beskikbaar. Innibos het ook ‘n spesiale kaartjiekantoor vir feesterreinkaartjies by die Limetime optelpunt by die Sonpark fontein opgerig. Dit is elke dag van 09:00 tot 17:00 oop. (Slegs elektroniese betalings kan hier gemaak word).
Die “Growing seeds of hope” kunsuitstalling het reeds by die Mbombela-burgersentrum geopen en bied ‘n wye verskeidenheid handwerkkunswerke.
Kurator, John-Anthony Boerma, sê elke handwerkkunstenaar is ‘n ambassadeur van hul gemeenskap.
“Hierdie werk herinner ons dat daar nabootsings van waarheid, skoonheid en goedheid in elkeen van ons is,” sê hy. Ingang is gratis.


×