100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton DBV sluit na 36 jaar sy deure

Written by on February 10, 2022

Die Barberton DBV het aangekondig dat hulle na 36 jaar die einde van die maand hul deure moet sluit.
Marlies Liebenberg verduidelik dat die perseel waar hulle tans is in privaat besit is en die eienaars beoog om dit te ontwikkel. Hoewel hulle ‘n nuwe perseel bekom het, het hulle nie die finansies om die omheining, dienste en hokke wat vereis word, op te rig nie.
Hulle ly reeds ‘n maandelikse verlies en sê hulle is fondse verskuldig van Mbombela-munisipaliteit vir 2019 en 2020.
Hulle sal vanaf 23 Februarie nie meer enige dienste lewer nie, aangesien die bestaande strukture afgebreek moet word.
Die munisipaliteit sal voortaan self die bywette m.b.t. honde polisieër en alle gevalle van mishandeling kan aan die Nelspruit DBV gerapporteer word by 013-753 3582. Liebenberg sê Nelspruit het ‘n enorme taak wat voorlê, omdat Barberton ook Badplaas dek.
Die Barberton DBV het almal bedank wat hulle oor die jare ondersteun het met skenkings van kos, finansiële bystand, en op ander maniere. “Sonder julle sou ons nooit die deure vir 36 jaar oop kon hou nie.” Sy voeg by dat die Barberton DBV-komitee die bestaande liefdadigheidswinkel in die dorp sal aanhou bedryf en die fondse wat daardeur gegenereer word, gebruik vir diereliefdadigheid.

<iframe src=”https://iframe.iono.fm/e/1154816″ width=”100%” height=”126″ referrerpolicy=”origin” frameborder=”0″></iframe>


×