100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Adjunk wil fokus op Makhonjwa se geologie

Written by on May 3, 2021

Die adjunkminister van toerisme, Fish Mahlalela, sê daar is nog nie finaliteit oor presies hoe om Barberton se Makhonjwa-bergreeks maksimaal aan te wend as toerisme-aantreklikheid nie.
Hy het tydens ‘n twee-dag besoek aan die area einde verlede week ook dié bergreeks besoek. Dit was deel van ‘n veldtog om plaaslike toerisme te bevorder om die bedryf te probeer red.
Die departement fokus tans hard op die bevordering van plaaslike toerisme. Hulle het ook ‘n werkswinkel aangebied vir opkomende toerismeondernemings om hul aanbiedinge aan te pas om meer besoekers te lok.
Mahlalela sê Mpumalanga se toerisme- en parke-agentskap (MTPA) moet nog konseptualiseer presies hoe die Wêreld-erfenisgebied bestuur sal word. Hy voel dat die area se geologiese belangrikheid ‘n fokusarea moet wees om internasionale besoekers te lok.

“Daar was ‘n debat oor die eienaarskap sedert dit as ‘n Unesco-wêrelderfenisterrein aangekondig is. Daar is nou besluit die verantwoordelikheid lê by die MTPA.
“Dit het groot waarde vir geoloë en wetenskaplikes internasionaal,” voeg hy by.
Geoloë is juis weer op pad na die berge – na hulle weens die pandemie vir meer as ‘n jaar nie hier navorsing kon kom doen nie.
Volgens Tony Ferrrar het ‘n groep van 50 navorsers van sowat 15 lande befondsing bekom om drilwerk te doen oor vyf tot sewe maande later vanjaar in die 3,33 miljard jaar oue klippe van die Moodies-groep in die Greenstone Belt van die bergreeks.
Die navorsing sal na verwagting lig werp op die prosesse wat vroeë lewensvorme in staat gestel het om kuslyne te bewoon. Dit word gelei deur prof. Christoph Heubeck van Jena Universiteit in Duitsland en prof. Nic Beukes van die Universiteit van Johannesburg.



×