100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

72-uur-plan geaktiveer om Hillary Gardee se moordenaar te vind

Written by on May 4, 2022

Polisieminister, gen. Bheki Cele, het ‘n 72-uur-plan geaktiveer om Hillary Gardee (28) se moordenaar(s) te vind. Die dogter van die EFF se voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee se lewelose liggaam is gisteroggend naby die R532 tussen Mbombela en Sabie ontdek deur plantasiewerkers wat op pad werk toe was.
Hillary is voor dit Vrydagmiddag laas by Nelspruit Plaza in die middedorp gesien. Haar driejarige aangenome dogter was by haar, en is ure later ongedeerd gevind naby hul huis in Kamagugu.
Haar ma is Saterdag as vermis aangegee deur haar familie, wat ‘n beloning van R100 000 aangebied het vir inligting oor haar verdwyning.
Cele het die Gardee-familie gisteraand besoek. Hy sê hy het die span ondersoekers wat aangewys is, minder as die gebruiklike 72 uur gegee om leidrade te vind wat sal lei tot die arrestasie van haar aanvallers.
Hy het haar familie ook verseker dat die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) alle moontlike motiewe oorweeg as deel van die ondersoek.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdluli, het sy kneusplekke aan haar kop gehad.
Sy het ook dieselfde klere aangehad waarmee sy Vrydag vermis geraak het. Haar persoonlike besittings is gesteel.


×