100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Groei só jou onderneming met internskapprogram

Written by on August 2, 2023

Die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) het ‘n internskapprogram van stapel gestuur en die resultate is oorweldigend positief.
Die opleidingsprogram help jongmense wat hul teoretiese kwalifikasie behaal het maar praktiese ondervinding benodig om ten volle te gradueer.
“Dit help mense om hul kwalifikasies te voltooi, dit verhef die profiel van plaaslike tersiêre instellings as hul sukseskoers verbeter, dit haal jeugdiges van die straat af en groei jou onderneming,” sê Linda Grimbeek.
Dit werk nie deur ‘n SETA nie, en as jou kandidaat nie vir jou werk nie, kry jy ‘n ander een.
Die internskapprogram is dus oop vir enige klein onderneming.
“Die ekonomie berus op klein ondernemings en met elke salaris wat jy betaal, kweek jy ‘n kliënt.”
Sy gesels met Robin in hierdie week se episode van Laeveld Ervaring.
Luister weer hier:

Sien ook: Krisis met vragmotors by Lebombo eindelik verlig


×