Grensbestuursowerheid monitor Mosambiekse betogings

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Grensbestuursowerheid hou ʼn wakende oog oor hernude betogings in Mosambiek.

Dit volg nadat die opposisieleier, Venâncio Mondlane, ondersteuners aangemoedig het om drie dae lank te betoog oor verlede maand se omstrede presidentsverkiesing.

Betogings ontwrig paaie en openbare vervoer in die hoofstad, Maputo.

Die adjunk-kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Mmemme Mogotsi, bevestig daar is verhoogde waaksaamheid naby die grens namate spanning in die streek toeneem.

Luister: ENG-MagotsiOnProtect

Sien ook: Twee wat glo in onwettige goedere handel in Rocky Drift vasgetrek