100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Feesvlinder verwag onnutsigheid by ‘Laerskool Noord’

Written by on June 16, 2023

Komedie vier vanjaar hoogty by die Innibos Kunstefees en met Laerskool Noord kan feesgangers hulle regskuif vir ’n guitige kykie na wat alles agter die swartbordgordyn gebeur.
Laerskool Noord het vol sale getrek tydens die Woordfees en KKNK.
100.5FM se Innibos-feesvlinder, Sanett Oosthuizen, vertel vir Charles wat sy verwag.
Luister weer hier:

Vinnige oorsig: Dinge by ’n laerskool is nie altyd pure onskuld en cute kindertekeninge nie. Veral nie met netbaljuffrou, Zelda de Wet (Margit Meyer-Rödenbeck), se vreeslose fluitjie nie.
Gooi daarby Bets du Preez (Marion Holm) se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans, en die sorglose Marietjie (Ilne Fourie) wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper met haar glitter stickers terwyl almal in spanning wag om te hoor wie as die nuwe skoolhoof aangestel word.
Innibos vind van 29 Junie tot 2 Julie in Mbombela plaas.
Kliek hier vir die volledige Innibos-program en skakels na kaartjieverkope.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.
Sien ook: Skreeusnaakse ‘My vrou se man se vrou’ is terug by Innibos

×