Els for Autism SA het begin om uit te reik na ander provinsies en is tans in die Laeveld waar hulle opleiding gegee het vir die personeel by Pro-Gratia-leersentrum.
Vanaand bied hulle ook ‘n inligtingsessie vir ouers aan om hulle te bemagtig om hul kinders met outismespektrum-versteuring (OSV) beter te verstaan.
Chanel Baumgarten van Els for Autism SA kuier saam met Welme Bezuidenhout van Pro-Gratia en Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) in die ateljee.
Luister weer:
Besoek Els for Autism South Africa vir meer.