100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie vas met gesteelde treinspore

Written by on September 20, 2023

Drie verdagtes is gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde treinspore.
Volgens die polisie het dit ‘n geraamde waarde van R3 miljoen.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek.

gesteelde treinspore
Volgens inligting is die treinspore verlede maand naby Barberton gesteel.

Die vragmotor met sy besending gesteelde treinspore  sowel as ander items is vir verdere ondersoek gekonfiskeer.
Die verdagtes sal na verwagting môre in die Middelburg-landdroshof verskyn vir die besit van gesteelde eiendom.

gesteelde treinspore
Volgens Mohlala kan nog klagte bygevoeg word.
Twee kan ook aangekla word vir die oortreding van die Wet op Immigrasie omdat hulle nie dokumentasie het om in die land te wees nie.
Sien ook: Polisievakbond herhaal versoek om polisiemoorde as hoogverraad te klassifiseer


×