100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Danie Stassen: Dakar-tydren ‘n droom wat bewaarheid is

Written by on January 21, 2022

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het.
Dit was die eerste Dakar vir hierdie Laeveldse boorling, vir wie enigiets met wiele sedert sy kinderdae ‘n bekoring inhou.
Stassen sê die hele ervaring laat hom voel asof hy die lotery gewen het, en dat elke dag se deelname aan die moeilikste motorsportwedren in die wêreld, ‘n oorwinning in die kleine was.
Hy het vir Ludi en Mireille meer vertel. Luister weer hier na die gesprek.


×