100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Childline hier vir kinders in Mpumalanga

Written by on February 8, 2024

Childline Mpumalanga het in slegs die afgelope ses maande meer as 14 000 oproepe ontvang van kinders regoor die provinsie wat hulp benodig.

Dr. Benita Nel sê fisiese nood is sedert Covid-19 ‘n groot kwessie en sowat 60% van alle oproepe wat hulle ontvang is verwant aan verwaarlosing.

Hulle stap tans ook ‘n pad met 139 behoeftige kinders, aan wie die basiese skoolbenodighede ‘n wêreld se verskil sal maak.

Luister weer hier:

Om Childline te kontak is gratis op enige netwerk. Hul nuwe nommer is 116.

Sien ook: Ruggedwear steeds trots Suid-Afrikaans


×