Pumas klop Boland vir eerste Curriebeker-oorwinning

Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir ‘n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington Sondag. Dit was hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde […]

Penryn-doelwagter skitter en haal nasionale span

Die Laeveldse sportgemeenskap vier ‘n belangrike mylpaal met Ulrich Reingrubber, Penryn College se uitmuntende doelwagter, wat gekies is om Suid-Afrika by die komende Jeug-Afrika-beker in Nairobi, Kenia, van 6 tot 8 Augustus te verteenwoordig. Hy het die ateljee saam met die uitvoerende hoof, Mike Eisen, besoek in die aanloop tot die skool se opedag môre. […]

Armdruk ondergaan omwenteling

Nelspruit het weer die voorreg om die Nasionale Armdruk Kampioenskappe aan te bied op 8 en 9 Augustus. Yorinda Nel van die SA Armdrukfederasie vertel vir Sonop Ontbyt van onlangse verwikkelinge in dié sport. Luister weer:

Tyd vir introspeksie na Pumas se tweede Curriebeker-nederlaag

Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel in die tweede ronde van die Curriebeker-premierafdeling die naweek. Afrigter Ruwellyn Isbell en spanbestuurder Sam Sikiwe sê vir Sonop Ontbyt individuele foute wat die span drie geelkaarte besorg het, het hulle bes moontlik die wedstryd gekos. Luister:

Tweelingbroers maak Uplands báie trots

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy ‘n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies […]

Graskop-boksers wen SA-titels

Die Graskop junior boks sensasies, Arion Fraser (weltergewig) en Dylan Roets (lig, middelgewig) het by die Saterdag Ontbyt ateljee kom inloer om oor hul onlangse oorwinnings te gesels by die Nasionale Boksbyeenkoms in Kaapstad. Saam met hulle was die afrigter van Highlands Boxingklub asook die provinsiale afrigter, Lance Gibson. Luister weer:

Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die eerste Curriebeker-kragmeting by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Haaie vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, […]

Laeveldse atleet op pad na Pro Hyrox-kompetisie

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit ‘n Olimpiese sport word. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Pumas skop Curriebeker-veldtog teen Haaie af

Die Airlink Pumas skop hul Curriebeker-veldtog Vrydag by Mbombela-stadion teen die Haaie af. Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp gesels met Sonop Ontbyt oor hul verwagtinge. Luister weer:

Mozzieweek volgende week aangebied

Hoërskool Nelspruit bied volgende week die 14de keer hul jaarlikse Mozzieweek aan wat topklas krieket na die Laeveld lok. Morné van der Merwe vertel meer. Luister weer: