Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die eerste Curriebeker-kragmeting by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Haaie vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, […]

Laeveldse atleet op pad na Pro Hyrox-kompetisie

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit ‘n Olimpiese sport word. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Pumas skop Curriebeker-veldtog teen Haaie af

Die Airlink Pumas skop hul Curriebeker-veldtog Vrydag by Mbombela-stadion teen die Haaie af. Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp gesels met Sonop Ontbyt oor hul verwagtinge. Luister weer:

Mozzieweek volgende week aangebied

Hoërskool Nelspruit bied volgende week die 14de keer hul jaarlikse Mozzieweek aan wat topklas krieket na die Laeveld lok. Morné van der Merwe vertel meer. Luister weer:

O.15-Pumaspan vanjaar kookwater

Die o.15 Pumas-rugbyspan het sover die seisoen geen wedstryde verloor nie en is tans bo-aan die punteleer voor hulle Saterdag Oosterland in die halfeindronde aandurf. AJ Sutherland, die kaptein. kuier saam met pa Nico by Sonop Ontbyt.  Luister weer:

Hier kom die Pumas vir die Curriebeker

Die Airlink Pumas begin oor ‘n raps meer as drie weke hul deelname aan die premierafdeling van die Curriebeker.  Die SA Beker-titelhouers se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier: 

Comrades-wenner vertel van sege

George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop ‘n nuwe rekord opgestel. Hy het met Coenie Naudé gesels tydens die Middag Game Drive. Luister: 

Laeveld se krieketster Katie Prior sprei vlerke met toer na Japan

Van die Laeveld na Japan… Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse krieketprestasies in Japan. Luister hier:

Plaaslike meesterspeler op pad na hokkiewêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende hokkiewêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive oor hoe sy die sport eers na skool begin beoefen het. Luister:

Pumas lek lippe af vir Toyota Challenge

Die Airlink Pumas skop Vrydag hul Toyota Challenge af. Dié internasionale rugbytoernooi bied die Pumas, Griekwas en gasheer Cheetahs waardevolle blootstelling teen internasionale spanne. Tydens die eerste been word alle wedstryde in Bloemfontein gespeel, en in Oktober reis die spanne na Georgië. Die Suid-Afrikaanse spanne se teenstanders is die Black Lions van Georgië, Portugal (ook […]