SA onderwysers brand uit

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is ‘n krisis met tot soveel as 70% van opvoeders wat dit na berigte ervaar, en byna 50% wat die beroep binne hul eerste vier jaar verlaat. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings. Luister hier:

Danie Rossouw-uitsoekspan op pad na Europa

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton gesels met die Middag Game Drive. Luister:

Laerskool Laeveld bring Big Bounce na die Laeveld

Laerskool Laeveld bied op 25 Maart die tiende keer hul jaarlikse Colour Run aan en hierdie keer saam met ‘n Big Bounce. Anzel Beatie en Cornelia Janse van Rensburg gesels met die Middag Game Drive. Luister:

Afritasties: ‘Ek kan lees’

Hoërskool Bergvlam is die enigste ATKV-jeugtak in die Laeveld. Anseri Pool van Afritasties vertel meer oor die “Ek kan lees”-projek. Luister weer: Sien meer: 

Interlaer Saterdag deur Bergland aangebied

Laerskool Bergland is vanjaar die gashere van die Laeveld Interlaer. Dit vind Saterdag by Hoërskool Nelspruit se sportgronde plaas. Jana Schlechter en Nicholeen Smit deel al die besonderhede met Sonop Ontbyt. Luister weer:

NHS weer Mpumalanga se topskool

Hoërskool Nelspruit (NHS) is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. “Ons leer kinders om te droom met hul oë oop,” sê Ferdi van Wijk (akademiese hoof) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive. Luister:

Luister: Barberton matrieks 2025

Hoërskool Barberton se toppresterende matrieks vir die Klas van 2025 was Kudakwashe Kadzimu, Mpumelelo Sithole, Mpho Songo en Siphesihle Mona. Hulle kuier by Sonop Ontbyt. Luister: