SANParke verskerp veiligheid na moorde in Krugerwildtuin

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais, beide in hul 70’s, van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Sovêr bekend is dit die eerste keer in sy 100 jaar bestaan dat toeriste in die wildtuin vermoor word. […]

Druipkoers vir leerling-rybewyse skiet die hoogte in

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Verkeersbeampte oorlede in botsing op N4 buite Malalane

‘n Verkeersbeampte van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid is vanoggend tydens ‘n botsing op die N4 buite Malalane oorlede. Volgens die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, was Sifiso Andries Lubisi ‘n passasier in die voertuig saam met twee kollegas wat beide ernstig beseer is. Luister: ‘n Ondersoek na die ongeluk is aan die gang. […]

Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos

‘n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na ‘n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens heen gaan nie. Luister weer:

Kaapsehoop wildetrop groei na kommer tot agt

Die Kaapsehoop Conservancy was verlede week bekommerd dat ‘n sewe-stuk troppie wildeperde verlore was, maar hulle is veilig opgespoor – met ‘n nuwe vulletjie by. Carli Scheepers gesels met ons. Luister:

Wilde perdetrop van Kaapsehoop word vermis

Die Kaapschehoop Conservancy doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om sewe perde te vind wat sedert einde van Maart vermis word.  Die hings, drie merries en drie vulletjies is gewoonlik naby die Kaapsehoop Gasteplaas-ingang gewaar, ongeveer 25 km vanaf Nelspruit op pad na Kaapsehoop.  ‘n Beloning van R5,000 word aangebied vir […]

Man ingeneem vir ondervraging na verbrande liggame in Hazyview ontdek is

Die polisie sê ‘n 29-jarige verdagte is i.v.m. ontvoering en moord vir ondervraging ingeneem. Dit na drie mense gister in bosse in Hazyview onherkenbaar verbrand gevind is. ‘n Woordvoerder vir die Mpumalanga polisie, kol. Mavela Masondo, sê ‘n ondersoek is aan die gang om vas te stel of die slagoffers die drie mans is wat […]